
DIE GROOTFONTEIN KUIERFEES VIND WEER PLAAS VIR DIE TIENDE KEER OP 28 NOVEMBER 2020!!!!!
ONS OPREGTE DANK AAN DIE HOOFBORGE VAN 2019:
NAMIBIA BREWERIES
VIR INFORMASIE OMTRENT TOEGANGSGELDE, MEJ. KUIERFEES, SANGTALENT KOMPETISIE EN ANDER INLIGTING, VERWYS ASB NA DIE INLIGTINGSBLAD ONDER DIE HOFIE "DOKUMENTE"
Die Kuierfees komitee wil hierdie geleentheid gebruik om die hoofborge asook al ons ander borge, uitstallers, Mikeljes vir die klank, almal wat gehelp en gewerk het asook u, die toeskouers, bedank vir u volgehoue ondersteuning.
As gevolg van die inperkings en alles wat daarmee saamgaan, is dit hartseer om aan te kondig dat die Safari-ete nie hierdie jaar aangebied word nie.
Saterdag sal daar verskeie Namibiese kunstenaars optree. Onder andere: Elvis se seun, Nadia Hansen (wenner van voice of Namibia)en Niekie Robbers. U kan gerus na hierdie Nambiese kunstenaars kom luister.
Daar sal ook deur die loop van die dag baie ander aktiwiteite aangebied word waaraan u kan deelneem. Van hierdie aktiwiteite sluit in: Fietsry, Kuierfees olimpiade, kook kompetisie, .22 skyfskiet, mej. Kuierfees, Kinder mode parade, sang talent kompetisie, ens.
Vir die kleinspan sal daar genoeg vermaak wees om hulle mee besig te hou.
Wees verseker daarvan dat die Kuierfees komitee altyd sal poog om die beste moontlike vermaak vir u aan te bied.
Sien u by die 2020 GROOTfontein Kuierfees vir 'n GROOT kuier.